AMARULA Sjokoladekoek

BESTANDDELE

60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

STROOP

200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur

VERSIERSEL

1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering – indien verkies
Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius.

Beslag:
1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
3. Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
4. Skep in 22 cm x 30 cm pan en bak ongeveer 20 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Stroop:
1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed. .
2. Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.

Versier:
1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk oor en versier met styfgeklopte room indien verkies.
2. Versier met Flake

Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies

Share Button