HOENDER EN AARTAPPELSLAAI

500g jong aartappeltjies, in dik skywe gesny
1 eetlepel balsamiese asyn
3 eetlepels olyfolie
100g babaspinasieblare
400g of vier gaar hoenderborsies in skywe gesny
100g gehalveerde kersietamaties

Kook die aartappelskywe in water tot sag, so 5 minute.

Giet water goed af en verbruin in 2 eetlepels olyfolie vir so 7 tot 8 minute in ‘n braaipan tot lekker goudbruin.

As al die skywe nie inpas nie, doen in twee sarsies.

Voeg die asyn, die oorblywende olie en spinasieblaartjies by tot hulle verwelk.

Dis sommer gou-gou.

Voeg dan hoender en tamatie by, roer deur, snipper ‘n paar grasuie daaroor en skep op!

Share Button

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>