Braaivleis Mielie Tert

60ml koekmeelblom

15ml bakpoeier

60ml suiker

4 eiers, geklits

2 blikke (410g elk)
geroomde suikermielies

60ml margarine, gesmelt

 

Voorverhit die oond tot 180C.

Smeer ‘n oondvaste bak met margarien.

Meng al die bestanddele goed saam.

Giet in die voorbereide bak en bak 1 uur lank of tot gaar.

Sny in blokke en dien warm of koud op saam met braaivleis.
Genoeg vir 8 mense.

 

Uit Anna Eksteen se nuusbrief.

Bestel gerus haar resepte en ander e-boeke by Kalahari. Kliek hier.

 

 

Share Button

Leave a Reply